Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 32:39-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. en Ek sal vir hulle een verstand, wil en emosie en een lewenswyse gee sodat hulle My altyd respekvol mag vrees, vir hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.

40. Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit: dat Ek nie van hulle af sal wegdraai om aan hulle goed te doen nie en Ek sal My respekvolle vrees in hulle verstand, wil en emosie gee sodat hulle nie van My af sal wegdraai nie.

41. Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen en Ek sal hulle getrou in hierdie land plant, met My hele verstand, wil en emosie en met My hele lewe,

42. want so sê יהוה: ‘Net soos Ek al hierdie groot rampe oor hierdie volk gebring het, so gaan Ek al die goeie wat Ek hulle belowe oor hulle bring.

43. Grond sal gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: “Dit is ’n verlatenheid, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Kasdeërs oorgegee.”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 32