Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 32:35-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Hulle het die hoë plekke van Ba’al gebou in die vallei van Ben-Hinnom om hulle seuns en hulle dogters vir Molekh deur die vuur te laat gaan, wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in My gedagtes nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou doen om Y’hudah te laat sondig;

36. daarom, so sê יהוה-God van Yisra’el, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: ‘Dit is in die hand van die koning van Bavel oorgegee deur die swaard, die hongersnood en die pes,’

37. let op, Ek sal hulle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in My woede, in My toorn en in groot verontwaardiging en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle in veiligheid laat bly.

38. Hulle sal My volk wees en Ek sal hulle God wees

39. en Ek sal vir hulle een verstand, wil en emosie en een lewenswyse gee sodat hulle My altyd respekvol mag vrees, vir hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.

40. Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit: dat Ek nie van hulle af sal wegdraai om aan hulle goed te doen nie en Ek sal My respekvolle vrees in hulle verstand, wil en emosie gee sodat hulle nie van My af sal wegdraai nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 32