Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 32:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord wat van יהוה af tot Yirmeyahu gekom het in die tiende jaar van Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, wat die agttiende jaar van N’vukhadnetzar was.

2. In daardie tyd het die leër van die koning van Bavel Yerushalayim beleër en Yirmeyahu, die profeet, was opgesluit in die hof van die wagte, wat in die huis van die koning van Y’hudah is

3. omdat Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, hom opgesluit en gesê het: “Waarom profeteer jy en sê: ‘So sê יהוה: “Let op, Ek is op die punt om hierdie stad in die hand van die koning van Bavel te gee en hy sal dit inneem

4. en Tzidkiyahu, koning van Y’hudah, sal nie uit die hand van die Kasdeërs ontsnap nie, maar hy sal sekerlik oorgegee word in die hand van die koning van Bavel en hy sal mond tot mond met hom praat en hom oog tot oog sien

5. en hy sal Tzidkiyahu na Bavel vat en hy sal daar wees totdat Ek hom besoek,” verklaar יהוה. “As julle teen die Kasdeërs veg, sal julle nie suksesvol wees nie.’””

6. Yirmeyahu het gesê: “Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

7. ‘Let op, Hanam’el, die seun van Shallum, jou oom, kom na jou toe en sê: “Koop vir jou my stuk grond wat in `Anatot lê, want jy het die reg van loskoping om dit te koop.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 32