Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 29:4-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. “So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, aan al die ballinge wat Ek uit Yerushalayim na Bavel in ballingskap gestuur het:

5. ‘Bou huise en woon daarin en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan.

6. Vat vroue en word die vaders van seuns en dogters en vat vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans sodat hulle geboorte kan gee aan seuns en dogters en vermenigvuldig daar en moenie verminder nie.Rom 13:1-6; 1 Tim 2:2

7. Soek die welstand van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggestuur het en bid daarvoor tot יהוה, want in sy welstand sal julle welstand hê,’

8. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Moenie dat julle profete en julle waarsêers wat tussen julle is, julle mislei nie en moenie luister na die drome wat hulle droom nie,

9. want hulle profeteer vir julle vals in My Naam (Karakter en Outoriteit); Ek het hulle nie gestuur nie,’ verklaar יהוה.2 Kro 36:21

10. So sê יהוה: ‘Wanneer sewentig jaar vir Bavel voltooi is, sal Ek julle besoek en My goeie boodskap aan julle vervul om julle na hierdie plek toe terug te bring,

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 29