Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 28:5-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe het Yirmeyahu, die profeet, met Hananyah, die profeet, gepraat in die teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van יהוה gestaan het

6. en die profeet Yirmeyahu het gesê: “Dit is waar, mag יהוה so doen; mag יהוה jou woorde wat jy geprofeteer het bevestig om die voorwerpe van die huis van יהוה en al die ballinge uit Bavel na hierdie plek toe terug te bring!

7. Tog, luister nou na hierdie woord wat ek voor julle ore praat en voor die ore van die hele volk:

8. “Die profete wat voor my en voor jou was, het van ouds af geprofeteer teen baie lande en teen groot koninkryke, van oorlog en katastrofes en pes.

9. Die profeet wat profeteer van vrede: wanneer die woord van die profeet waar word, sal die profeet bekend wees as een wat waarlik deur יהוה gestuur is.”

10. Toe het Hananyah, die profeet, die juk van die nek van Yirmeyahu, die profeet, afgehaal en dit gebreek.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 28