Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 27:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aan die begin van die regering van Tzidkiyahu, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, het hierdie woord vanaf יהוה tot Yirmeyahu gekom:

2. So het יהוה vir my gesê: “Maak vir jouself stroppe en jukke en sit dit op jou nek

3. en stuur woord vir die koning van Edom, na die koning van Mo’av, na die koning van die seuns van `Ammon, na die koning van Tzor en na die koning van Tzidon deur middel van die gesante wat na Tzidkiyahu, koning van Y’hudah in Yerushalayim gekom het.

4. Beveel hulle om na hul meesters te gaan en te sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el. So moet julle aan jul meesters sê:

5. “Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur My groot krag en deur My uitgestrekte arm en Ek gee dit aan die een wat My tevrede stel.

6. Nou het Ek al hierdie lande in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, My dienskneg gegee en Ek het ook die wilde diere van die veld aan hom gegee om hom te dien.

7. Al die nasies sal hom, sy seun en sy kleinseun dien totdat die tyd van sy eie land kom; dan sal baie nasies en groot konings hom hulle dienskneg maak.

8. Dit sal wees dat die nasie en die koninkryk wat hom, N’vukhadnetzar, koning van Bavel, nie sal dien nie en wat sy nek nie sal sit onder die juk van die koning van Bavel nie, daardie nasie sal Ek straf met die swaard en die hongersnood en die pes,’ verklaar יהוה, ‘totdat Ek hulle vernietig het deur sy hand.

9. Julle egter, moenie luister na julle profete, na julle waarsêers, na julle dromers, na julle goëlaars en na julle towenaars nie. Hulle wat met julle praat en sê: “Julle sal nie die koning van Bavel dien nie,”

10. want hulle profeteer ’n leuen vir julle om julle ver te verwyder uit julle land uit en Ek sal julle uitdryf en julle sal omkom,

11. maar die nasie wat sy nek onder die juk van die koning van Bavel sal bring en hom dien, dié sal Ek in sy land laat bly,’ verklaar יהוה ‘en hulle sal dit bewerk en daarin bly.’”

12. Ek het woorde soos hierdie met Tzidkiyahu, koning van Y’hudah gepraat en gesê: “Bring julle nekke onder die juk van die koning van Bavel, dien hom en sy volk en leef!

13. Hoekom sal u sterf, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos יהוה met daardie nasie gepraat het wat nie die koning van Bavel sal dien nie?

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 27