Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 25:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Tog het julle nie na My geluister nie,” verklaar יהוה “sodat julle My kon tart met die werk van julle hande, tot jul eie skade;”

8. daarom, so sê יהוה-Tzva’ot: “Omdat julle nie My woorde gehoorsaam het nie,

9. let op, Ek sal al die geslagte van die Noorde laat haal en vat,” verklaar יהוה “en Ek sal N’vukhadnetzar, koning van Bavel, My dienskneg, vat en Ek sal hulle bring teen hierdie land en sy inwoners en teen al hierdie nasies rondom en Ek sal hulle volkome vernietig en hulle tot ’n verwoesting en spot maak en tot ’n ewige verlatenheid.Yir 24:5-7

10. Meer nog, Ek sal uit hulle die stem van vreugde en die stem van blydskap uithaal, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die meulsteen en die lig van die lamp.2 Kro 36:21

11. Hierdie hele land sal ’n verlatenheid en ’n verskrikking wees en hierdie nasies sal die koning van Bavel sewentig jaar lank dien.

12. Dan sal dit wees wanneer sewentig jaar voltooi is, Ek die koning van Bavel, daardie nasie en die land van die Kasdeërs vir hulle oortredinge sal straf,” verklaar יהוה “en Ek sal daarvan ’n ewige verlatenheid maak.

13. Ek sal oor daardie land al My woorde bring wat Ek daaroor aangekondig het, alles wat geskryf is in hierdie boek, wat Yirmeyahu geprofeteer het teen al die nasies,

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 25