Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 23:32-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Let op, Ek is teen hulle wat valse drome profeteer,” verklaar יהוה, “en dit vertel en My volk verlei deur hulle valshede en hulle waaghalsige grootpratery; tog het Ek hulle nie gestuur of beveel nie en ook het hulle vir hierdie volk nie die minste voordeel gebring nie,” verklaar יהוה.

33. “Wanneer hierdie volk, of die profeet, of ’n priester jou vra en sê: ‘Wat is die geestesopenbaring van יהוה?’ Dan moet jy vir hulle sê: ‘Watter geestesopenbaring?’ יהוה verklaar: ‘Ek sal julle alleen los.’

34. Wat die profeet of die priester betref of die volk wat sê: ‘Die geestesopenbaring van יהוה,’ Ek sal straf bring oor daardie man en oor sy huishouding.

35. So moet elkeen van julle vir sy naaste en elkeen vir sy broer sê: ‘Wat het יהוה geantwoord?’ of ‘wat het יהוה gepraat?’,”

36. want julle sal nie meer die geestesopenbaring van יהוה onthou nie omdat elke man se woord geestesopenbaring sal word en julle die boodskappe van die lewende God, van יהוה-Tzva’ot, ons God, verdraai het.

37. So moet jy vir daardie profeet sê: ‘Wat het יהוה jou geantwoord?’ en ‘wat het יהוה gesê?’

38. As julle sê: ‘Die geestesopenbaring van יהוה!’ Sekerlik, so sê יהוה: ‘Omdat julle hierdie woord gesê het: “Die geestesopenbaring van יהוה!” het Ek ook na julle gestuur met die woorde: ‘Julle mag nie sê: “Die geestesopenbaring van יהוה” nie;’

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 23