Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 23:28-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Die profeet wat ’n droom het, kan sy droom vertel, maar laat hom wat My woord het, My woord in waarheid praat. Hoekom meng jy kaf met die koring?” verklaar יהוה.

29. “Is My woord nie soos vuur en soos ’n hamer wat ’n rots vergruis nie?” verklaar יהוה.

30. “Let daarom op, Ek is teen die profete,” verklaar יהוה, “wat My woorde by mekaar steel.Deut 18:20

31. Let op, Ek is teen die profete,” verklaar יהוה, “wat hulle eie tong gebruik en sê: ‘יהוה verklaar!’

32. Let op, Ek is teen hulle wat valse drome profeteer,” verklaar יהוה, “en dit vertel en My volk verlei deur hulle valshede en hulle waaghalsige grootpratery; tog het Ek hulle nie gestuur of beveel nie en ook het hulle vir hierdie volk nie die minste voordeel gebring nie,” verklaar יהוה.

33. “Wanneer hierdie volk, of die profeet, of ’n priester jou vra en sê: ‘Wat is die geestesopenbaring van יהוה?’ Dan moet jy vir hulle sê: ‘Watter geestesopenbaring?’ יהוה verklaar: ‘Ek sal julle alleen los.’

34. Wat die profeet of die priester betref of die volk wat sê: ‘Die geestesopenbaring van יהוה,’ Ek sal straf bring oor daardie man en oor sy huishouding.

35. So moet elkeen van julle vir sy naaste en elkeen vir sy broer sê: ‘Wat het יהוה geantwoord?’ of ‘wat het יהוה gepraat?’,”

36. want julle sal nie meer die geestesopenbaring van יהוה onthou nie omdat elke man se woord geestesopenbaring sal word en julle die boodskappe van die lewende God, van יהוה-Tzva’ot, ons God, verdraai het.

37. So moet jy vir daardie profeet sê: ‘Wat het יהוה jou geantwoord?’ en ‘wat het יהוה gesê?’

38. As julle sê: ‘Die geestesopenbaring van יהוה!’ Sekerlik, so sê יהוה: ‘Omdat julle hierdie woord gesê het: “Die geestesopenbaring van יהוה!” het Ek ook na julle gestuur met die woorde: ‘Julle mag nie sê: “Die geestesopenbaring van יהוה” nie;’

39. daarom, let op, Ek sal julle sekerlik vergeet en julle wegstamp van My Teenwoordigheid af, saam met die stad wat Ek vir julle en julle vaders gegee het.

40. Ek sal ’n ewige smaad op julle lê en ’n ewige vernedering wat nie vergeet sal word nie.”2 Kon 24:8-15 het יהוה my gewys: let op, twee mandjies met vye, voor die tempel van יהוה reggesit:

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 23