Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 23:22-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. maar as hulle in My raad gestaan het, sou hulle My woorde aan My volk aangekondig het en hulle teruggedraai het van hul bose pad en van die boosheid van hulle dade.

23. Ek is ’n God wat naby is,” verklaar יהוה, “en nie ’n God wat ver is nie.

24. Kan ’n man homself in wegsteekplekke wegsteek dat Ek hom nie sien nie?” verklaar יהוה. “Maak Ek nie die hemel en die aarde vol nie?” verklaar יהוה.

25. “Ek het gehoor wat die profete gesê het wat valslik in My Naam (Karakter en Outoriteit) profeteer en sê: ‘Ek het ’n droom gehad, ek het ’n droom gehad!’

26. Hoe lank al is daar iets in die verstand, wil en emosie van die profete wat valsheid profeteer, profete van die misleiding van hulle eie verstand, wil en emosie,

27. wat beplan om My volk My Naam (Karakter en Outoriteit) te laat vergeet deur hulle drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle vaders My Naam (Karakter en Outoriteit) vergeet het as gevolg van Ba’al?

28. Die profeet wat ’n droom het, kan sy droom vertel, maar laat hom wat My woord het, My woord in waarheid praat. Hoekom meng jy kaf met die koring?” verklaar יהוה.

29. “Is My woord nie soos vuur en soos ’n hamer wat ’n rots vergruis nie?” verklaar יהוה.

30. “Let daarom op, Ek is teen die profete,” verklaar יהוה, “wat My woorde by mekaar steel.Deut 18:20

31. Let op, Ek is teen die profete,” verklaar יהוה, “wat hulle eie tong gebruik en sê: ‘יהוה verklaar!’

32. Let op, Ek is teen hulle wat valse drome profeteer,” verklaar יהוה, “en dit vertel en My volk verlei deur hulle valshede en hulle waaghalsige grootpratery; tog het Ek hulle nie gestuur of beveel nie en ook het hulle vir hierdie volk nie die minste voordeel gebring nie,” verklaar יהוה.

33. “Wanneer hierdie volk, of die profeet, of ’n priester jou vra en sê: ‘Wat is die geestesopenbaring van יהוה?’ Dan moet jy vir hulle sê: ‘Watter geestesopenbaring?’ יהוה verklaar: ‘Ek sal julle alleen los.’

34. Wat die profeet of die priester betref of die volk wat sê: ‘Die geestesopenbaring van יהוה,’ Ek sal straf bring oor daardie man en oor sy huishouding.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 23