Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 23:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Wee die herders wat die skape van My weiding vernietig en verstrooi,” verklaar יהוה;Yog 10:8 verklaar יהוה.

2. daarom, sê יהוה, God van Yisra’el, aangaande die herders wat Sy volk oppas: “Júlle het My skape verstrooi en hulle weggedryf en nie aandag aan hulle gegee nie; let op, Ek is op die punt om aandag aan julle te gee vir die boosheid van julle dade,”

3. “Dan sal Ek self die wat oorbly van My skape versamel vanuit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het en hulle terugbring na hulle weiveld en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.

4. Ek sal ook herders oor hulle opwek wat hulle sal versorg en hulle sal nie meer bang of beangs wees en geen een sal vermis word nie,” verklaar יהוה.Yog 7:42

5. “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek vir Dawid ’n Onpartydige en Opregte Spruit sal opwek en Hy sal as Koning regeer en wys optree en regverdig oordeel en onpartydige opregtheid doen in die land.

6. In Sy dae sal Y’hudah gered word en Yisra’el veilig woon en dít is Sy Naam (Karakter en Outoriteit) waarmee Hy genoem sal word: ‘יהוה-Tzidkenu’ [יהוה, ons Onpartydige Opregtheid.]

7. Let daarom op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer hulle nie langer sal sê: ‘So waar as יהוה leef wat die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim uitgebring het,’ nie,

8. maar: ‘So waar as יהוה leef wat die nageslag van die huis van Yisra’el van die land in die noorde gebring en terug gelei het en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het.’ Dan sal hulle op hul eie grond leef.”

9. Wat die profete betref: my binneste is gebreek, al my bene bewe binne my; ek het soos ’n dronk man geword, soos ’n man deur wyn oorweldig, vanweë יהוה en Sy afgesonderde woorde,

10. want die land is vol owerspelers, want die land treur weens die vloek. Die weivelde van die wildernis het opgedroog en hulle het swak voortgebring en hulle was nie voorspoedig nie,

11. want beide profeet en priester is besoedel. “Selfs in My huis het Ek hulle boosheid gevind,” verklaar יהוה.

12. “Hulle pad sal daarom vir hulle soos glibberige plekke wees in die duisternis; hulle sal weggedryf word en daarin neerval, want Ek sal katastrofes oor hulle bring, die jaar van hulle straf,” verklaar יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 23