Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 18:17-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Soos ’n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor die vyand; Ek sal in die dag van hulle katastrofe vir hulle My rug en nie My gesig wys nie.’”

18. Toe het hulle gesê: “Kom, laat ons planne maak teen Yirmeyahu, die wet sal sekerlik nie verlore wees vir die priester, of raad by die wyse, of ’n woord vir die profeet nie! Kom, laat ons na hom slaan met die tong en laat ons nie luister na enige van sy woorde nie.”

19. יהוה, luister na my en luister na wat my opponente sê!

20. Sal goed met kwaad vergeld word, want hulle het vir my ’n gat gegrawe. Onthou hoe ek voor U Teenwoordigheid gestaan het om goed namens hulle te praat, om so U toorn van hulle af weg te draai;

21. daarom, gee hulle kinders oor aan hongersnood en lewer hulle oor aan die mag van die swaard en laat hulle vroue kinderloos en weduwees word. Laat hulle manne ook neergeslaan word tot die dood, hulle jongmanne plat geslaan word in die geveg deur die swaard.

22. Laat ’n uitroep gehoor word uit hulle huise, wanneer U skielik ’n bende oor hulle bring, want hulle het ’n gat gegrawe om my te vang en strikke weggesteek vir my voete.

23. Tog, U, יהוה, ken al hulle dodelike ontwerpe teen my; moenie hulle oortredinge vergewe of hulle sonde voor U uitvee nie, maar mag hulle tot ’n val kom voor U Teenwoordigheid; tree teen hulle op in die tyd van U woede!

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 18