Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 12:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Onpartydig opreg is U, o יהוה, dat ek my saak by U sou bepleit; inderdaad wil ek oor regsake met U praat: waarom is die pad van die bose oortreder voorspoedig? Waarom lewe hulle wat verraad bedryf in gemak?

2. U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, hulle het selfs vrugte gedra. U is naby aan hulle mond, maar ver van hulle gedagtes.

3. U ken my egter, o יהוה; U sien my en toets my verstand, wil en emosie teenoor U. Sleep hulle weg soos slagskape en sonder hulle af vir die dag van slagting!

4. Hoe lank moet die land treur en die plante van die veld verdor? Vanweë die boosheid van hulle wat daarin bly, word diere en voëls weggeruk omdat hulle sê: “Hy sal ons einde nie sien nie!”

5. “As jy met voetgangers loop en hulle maak jou moeg, hoe kan jy dan met perde kompeteer? As jy val in ’n land van vrede, hoe sal jy dan maak in die digte bosse van die Yarden,

6. want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het verraderlik teen jou opgetree; ook hulle roep hardop agter jou aan. Moet hulle nie glo nie, al sê hulle mooi goed vir jou.

7. Ek het My huis verlaat, Ek het My erfenis verwerp; Ek het die geliefde van My lewe in die hand van haar vyande gegee.

8. My erfenis het vir My geword soos ’n leeu in die woud; sy het teen My gebrul; daarom het Ek haar begin haat.

9. My erfenis het vir My geword soos ’n gespikkelde roofvoël, die roofvoëls reg rondom is teen haar. Gaan, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, bring hulle om haar te kom opeet!Mal 2

10. Baie herders het My wingerd verwoes, hulle het My veld vertrap; hulle het My aangename land ’n verlate wildernis gemaak.

11. Dit is ’n verlatenheid gemaak; verlate treur dit voor My; die hele land is verlate gemaak omdat daar niemand is wat daarvoor omgee nie.

12. Op al die kaal heuwels in die wildernis het vernietigers gekom, want ’n swaard van יהוה verteer van die een kant van die land tot die ander; daar is geen vrede vir enige iemand nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 12