Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 11:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. om die eed te bevestig wat Ek tot julle vaders gesweer het om aan hulle ’n land wat oorloop van melk en heuning te gee soos dit vandag is.”’” Toe antwoord ek: “Dit is waar, יהוה!”

6. יהוה het vir my gesê: “Verkondig al hierdie woorde in die stede van Y’hudah en op die strate van Yerushalayim en sê: ‘Luister en hoor die woorde van hierdie verbond en doen dit,

7. want Ek het julle vaders ernstig gewaarsku op die dag toe Ek hulle uit die land van Mitzrayim laat opkom het, selfs tot vandag toe, aanhoudend gewaarsku en gesê: “Luister na My stem!”

8. Nogtans het hulle nie gehoorsaam of hulle oor gedraai nie, maar elkeen in die hardkoppigheid van sy bose verstand, wil en emosie geloop; daarom het Ek al die woorde van hierdie verbond oor hulle gebring, wat Ek hulle beveel het om te doen, maar hulle nie gedoen het nie.’”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 11