Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 11:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord wat vanaf יהוה tot Yirmeyahu gekom het:

2. “Hoor, luister en doen die woorde van hierdie verbond en praat met die manne van Y’hudah en met die inwoners van Yerushalayim

3. en sê vir hulle: ‘So sê יהוה, die God van Yisra’el: “Vervloek is die man wat nie na die woorde van hierdie verbond luister en dit nie doen nie.

4. Dit wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit die land van Mitzrayim, uit die ystersmeltoond, uitgelei en gesê het: ‘Luister na My stem en doen volgens alles wat Ek julle beveel; só sal julle My volk wees en Ek sal julle God wees,’

5. om die eed te bevestig wat Ek tot julle vaders gesweer het om aan hulle ’n land wat oorloop van melk en heuning te gee soos dit vandag is.”’” Toe antwoord ek: “Dit is waar, יהוה!”

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 11