Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 1:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou om jou te bevry,” verklaar יהוה.

9. Toe het יהוה Sy hand uitgesteek en my mond aangeraak en יהוה het vir my gesê: “Let op, Ek het My woorde in jou mond gelê.

10. Let op, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en af te breek, om te vernietig en omver te werp, om te bou en te plant.”Num 17

11. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê: “Wat sien jy, Yirmeyahu?” Ek antwoord: “Ek sien ’n amandelboom se tak.”

12. Toe het יהוה vir my gesê: “Jy het goed gesien, want Ek waak oor My woord om dit uit te voer.”

13. Die boodskap van יהוה het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: “Wat sien jy?” Ek antwoord: “Ek sien ’n kokende pot en sy opening is na die noorde toe.”

14. Toe sê יהוה vir my: “Uit die noorde uit sal die boosheid losbreek oor al die inwoners van die land,

15. want let op, Ek roep al die families van die koninkryke van die noorde,” verklaar יהוה; “en hulle sal kom en hulle sal elkeen sy troon opstel by die ingang van die poorte van Yerushalayim en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Y’hudah.

16. Ek sal My oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid, waardeur hulle My verlaat het en offers aan ander gode geoffer het en die werke van hulle eie hande aanbid het.Mar 8:38; 2 Tim 2:12b

17. Nou, bind jou heupe vas, staan op en sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie bang wees vir hulle nie, of Ek sal jou voor hulle neerwerp.

18. Let nou op, Ek het jou vandag soos ’n versterkte stad, ’n yster pilaar en koper mure teen die hele land gemaak, teen die konings van Y’hudah, teen sy prinse, teen sy priesters en teen die mense van die land.

19. Hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie, want Ek is by jou om jou te bevry,” verklaar יהוה.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 1