Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 7:19-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Toe sê Y’hoshua vir `Akhan: “My seun, ek smeek jou, gee lof en eer aan יהוה, die God van Yisra’el en lig jou hande op na Hom

20. `Akhan het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Waarlik, ek het gesondig teen יהוה, die God van Yisra’el en dit is wat ek gedoen het:

21. toe ek ’n mooi mantel uit Shin’ar, twee honderd sikkels silwer en ’n goudstaaf van vyftig sikkels in gewig by die buitgoed gesien het, het ek hulle begeer en hulle gevat en let op, hulle is weggesteek in die grond binne-in my tent met die silwer onder dit.”

22. Y’hoshua het boodskappers gestuur en hulle het na die tent toe gehardloop en let op, dit was weggesteek in sy tent, met die silwer onder dit.

23. Hulle het dit vanuit die tent gehaal en dit na Y’hoshua en al die seuns van Yisra’el gebring en dit voor die aangesig van יהוה uitgegooi.

24. Toe het Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, vir `Akhan, die seun van Zerag, gevat, saam met die silwer, die mantel, die goudstaaf, sy seuns, sy dogters, sy beeste, sy donkies, sy kleinvee, sy tent en alles wat aan hom behoort het en hulle het hul opgevat na die Vallei van Akhor.

25. Y’hoshua het gesê: “Hoekom het jy vir ons moeilikheid gemaak? יהוה sal vandag vir jou moeilikheid gee! Die hele Yisra’el het hom gestenig met klippe en hulle het hulle met vuur verbrand nadat hulle hul met klippe gestenig het.

26. Hulle het ’n groot hoop klippe oor hom gestapel wat tot vandag toe daar is en יהוה het weggedraai van die intensiteit van Sy woede; daarom noem hulle daardie plek die Vallei van Akhor tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 7