Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 5:5-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want die hele volk wat uitgetrek het, is besny, maar al die mense wat op pad in die wildernis gebore is, soos hulle uit Mitzrayim gekom het, is nie besny nie,

6. want vir veertig jaar lank het die seuns van Yisra’el in die wildernis geloop totdat die hele volk, die krygsmanne wat uit Mitzrayim weggetrek het, dood is omdat hulle nie geluister het na die stem van יהוה nie; vir wie יהוה gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat יהוה hulle vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie; ’n land wat vloei met melk en heuning.

7. Hulle seuns, wat Hy in hulle plek laat opstaan het; dié het Y’hoshua besny, want hulle was onbesnede omdat hulle nie op pad besny is nie.

8. Toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die kamp gebly totdat hulle gesond was.

9. Toe het יהוה vir Y’hoshua gesê: “Vandag het Ek die smaad van Mitzrayim van julle afgerol.” Dié plek word daarom tot vandag toe Gilgal genoem.

10. Terwyl die seuns van Yisra’el by Gilgal gekamp het, het hulle die Pesag gehou met sonsondergang, op die veertiende dag van die maand, op die vlakte van Yerigo.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 5