Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 4:19-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Yarden uit opgetrek en kamp opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike grens van Yerigo.

20. Daardie twaalf klippe wat hulle uit die Yarden gevat het, het Y’hoshua by Gilgal opgerig.

21. Hy het vir die seuns van Yisra’el gesê: “Wanneer julle kinders in die toekoms hulle vaders vra en sê: ‘Wat beteken hierdie klippe?’

22. dan moet julle julle kinders inlig en sê: ‘Op droë grond het Yisra’el deur hierdie Yarden getrek,

23. want יהוה, julle God, het die water van die Yarden voor julle uit laat opdroog totdat julle deurgetrek het, net soos יהוה, julle God, gedoen het met die Sufsee wat Hy voor ons uit opgedroog het totdat ons deurgetrek het

24. sodat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van יהוה magtig is sodat julle יהוה, julle God, ewig respekvol mag vrees.’”

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 4