Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 4:15-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Nou het יהוה vir Y’hoshua gesê:

16. “Beveel die priesters wat die ark van die Getuienis dra dat hulle uit die Yarden uit opklim.”

17. Y’hoshua het daarop die priesters beveel en gesê: “Klim op uit die Yarden.”

18. Dit het gebeur dat, toe die priesters wat die ark van die verbond van יהוה gedra het, opklim uit die middel van die Yarden en die priesters se voetsole uitgelig is op droë grond, die water van die Yarden na hulle plek teruggekeer en soos vroeër oor albei sy walle geloop het.

19. Die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Yarden uit opgetrek en kamp opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike grens van Yerigo.

20. Daardie twaalf klippe wat hulle uit die Yarden gevat het, het Y’hoshua by Gilgal opgerig.

21. Hy het vir die seuns van Yisra’el gesê: “Wanneer julle kinders in die toekoms hulle vaders vra en sê: ‘Wat beteken hierdie klippe?’

22. dan moet julle julle kinders inlig en sê: ‘Op droë grond het Yisra’el deur hierdie Yarden getrek,

23. want יהוה, julle God, het die water van die Yarden voor julle uit laat opdroog totdat julle deurgetrek het, net soos יהוה, julle God, gedoen het met die Sufsee wat Hy voor ons uit opgedroog het totdat ons deurgetrek het

24. sodat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van יהוה magtig is sodat julle יהוה, julle God, ewig respekvol mag vrees.’”

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 4