Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 4:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh het in volle wapenrusting voor die seuns van Yisra’el deurgetrek, net soos Moshe aan hulle gesê het.

13. Omtrent veertig duisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van יהוה na die vlaktes van Yerigo toe deurgetrek om te veg.

14. Op dié dag het יהוה Y’hoshua groot gemaak voor die oë van die hele Yisra’el sodat hulle hom respekvol gevrees het soos hulle Moshe respekvol gevrees het al die dae van sy lewe.

15. Nou het יהוה vir Y’hoshua gesê:

16. “Beveel die priesters wat die ark van die Getuienis dra dat hulle uit die Yarden uit opklim.”

17. Y’hoshua het daarop die priesters beveel en gesê: “Klim op uit die Yarden.”

18. Dit het gebeur dat, toe die priesters wat die ark van die verbond van יהוה gedra het, opklim uit die middel van die Yarden en die priesters se voetsole uitgelig is op droë grond, die water van die Yarden na hulle plek teruggekeer en soos vroeër oor albei sy walle geloop het.

19. Die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Yarden uit opgetrek en kamp opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike grens van Yerigo.

20. Daardie twaalf klippe wat hulle uit die Yarden gevat het, het Y’hoshua by Gilgal opgerig.

21. Hy het vir die seuns van Yisra’el gesê: “Wanneer julle kinders in die toekoms hulle vaders vra en sê: ‘Wat beteken hierdie klippe?’

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 4