Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 24:14-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Vrees יהוה daarom respekvol en dien Hom in opregtheid en waarheid en verwyder die gode wat julle vaders oorkant die Eufraatrivier en in Mitzrayim gedien het en dien יהוה.

15. As dit onaanvaarbaar is in julle oë om יהוה te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders oorkant die Eufraatrivier gedien het, òf die gode van die Emoriete in wie se land julle woon, maar ek en my huis, ons sal יהוה dien.”

16. Die volk antwoord en sê: “Dit is ver van ons dat ons יהוה sou verlaat om ander gode te dien,

17. want יהוה, ons God, is Hy wat ons en ons vaders uit die land van Mitzrayim uit die huis van slawerny gebring het en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en tussen al die volke waardeur ons getrek het.

18. יהוה het al die volke voor ons uit verdryf, selfs die Emoriete wat in die land gebly het. Ook ons sal יהוה dien, want Hy is ons God.”

19. Toe sê Y’hoshua vir die volk: “Julle sal nie in staat wees om יהוה te dien nie, want Hy is ’n afgesonderde God. Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortredinge en julle sondes nie vergewe nie.

20. As julle יהוה verlaat en vreemde gode dien, sal Hy omdraai en julle kwaad aandoen en julle verteer nadat Hy aan julle goed gedoen het.”

21. Die volk het vir Y’hoshua gesê: “Nee, maar ons sal יהוה dien.”

22. Y’hoshua het vir die volk gesê: “Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself יהוה gekies het om Hom te dien.” Hulle sê: “Ons is getuies.”

23. “Nou daarom, verwyder die vreemde gode wat tussen julle is en reik uit met julle verstand, wil en emosie tot יהוה, die God van Yisra’el.”

24. Die volk het vir Y’hoshua gesê: “Ons sal יהוה, ons God, dien en ons sal Sy stem gehoorsaam.”Gen 33:19; Y’ho 21:21; Yog 4:5

25. Y’hoshua het op dié dag met die volk ’n verbond gesluit en vir hulle die vasgestelde wet en oordele in Sh’khem geleer.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 24