Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 22:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. as julle vandag wegdraai daarvan om יהוה te aanbid, as julle vandag teen יהוה rebelleer sal Hy môre woedend wees met die hele vergadering van Yisra’el.

19. As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die land van die besitting van יהוה, waar die tabernakel van יהוה staan en neem besit onder ons. Moet net nie teen יהוה rebelleer nie, of teen ons rebelleer deur vir julleself ’n altaar te bou, naas die altaar van יהוה, ons God, nie.

20. Het `Akhan, die seun van Zerag, nie ontrou gehandel teenoor die bangoed en die toorn het oor die hele vergadering van Yisra’el gekom nie? Daardie man het nie alleen in sy boosheid omgekom nie.’”

21. Toe het die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh geantwoord en aan die stamhoofde van Yisra’el gesê:

22. “Die Magtige God, יהוה, die Magtige God, יהוה! Hy weet en mag Yisra’el self weet: as dit in rebellie of deur ’n ontrou daad teen יהוה was, moet ons nie op dié dag red nie!

23. As ons vir ons ’n altaar gebou het om van יהוה af weg te draai, of as dit was om ’n brandoffer of graanoffer op te bring, of om daarop vredesoffers te bring, mag יהוה self dit opeis,

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 22