Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 2:6-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Sy het hulle egter opgevat na die dak toe en hulle weggesteek onder die vlasstingels wat sy op haar dak oopgegooi het.

7. Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Yarden, na die driwwe; dadelik nadat hulle agtervolgers uitgegaan het, het hulle die hek gesluit.

8. Voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe

9. en vir die manne gesê: “Ek weet dat יהוה die land aan julle gegee het en dat die verskrikking van julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land weggesmelt het voor julle,

10. want ons het gehoor hoe יהוה die water van die Sufsee voor julle laat opdroog het toe julle uit Mitzrayim gekom het en wat julle aan die twee konings van die Emoriete, Sigon en `Og, oorkant die Yarden gedoen het, wat julle heeltemal uitgewis het.Deut 28:10

11. Toe ons dit hoor, het ons binneste gesmelt en geen moed het in enige man oorgebly as gevolg van julle nie, want יהוה, julle God: Hy is God bo in die hemel en onder op die aarde;

12. daarom dan, sweer asseblief vir my by יהוה terwyl ek goedgunstig teenoor julle opgetree het, julle ook teenoor my vader se huishouding goedgunstig sal wees en vir my ’n teken van waarheid gee

13. dat julle die lewe van my vader, moeder, broers en susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons lewens sal red van die dood.”

14. Die manne sê vir haar: “Ons lewe vir julle s’n, as julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie en dit sal wees wanneer יהוה aan ons die land gee, ons gunstig en getrou teenoor julle sal wees.”

15. Toe het sy hulle met ’n tou deur die venster laat afsak, want haar huis was op die stadsmuur; dus het sy op die muur gebly.

16. Sy het vir hulle gesê: “Gaan na die bergland sodat julle agtervolgers julle nie raakloop nie en steek julle daar vir drie dae lank weg totdat die agtervolgers terugkom; daarna kan julle verder gaan.”

17. Die manne sê vir haar: “Ons sal ontslae wees van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het,

18. as jy nie, wanneer ons die land inkom, hierdie koord van rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind nie; jy moet ook jou vader, moeder, broers en jou vader se hele huishouding by jou in die huis versamel.

19. Dit sal wees dat elkeen wat by die deure van jou huis na die straat toe uitgaan, dié se bloed sal op sy eie kop wees en ons onskuldig, maar elkeen wat by jou in die huis is, dié se bloed sal op ons kop wees, as ’n hand op hom is,

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 2