Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 17:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou, hierdie was die lot vir die stam van M’nasheh omdat hy die eersgeborene van Yosef was: Makhir, die eersgeborene van M’nasheh, die vader van Gil’ad, het omdat hy ’n krygsman was, Gil’ad en Bashan gekry;

2. so ook die res van die seuns van M’nasheh, volgens hulle families: vir die seuns van Avi’ezer, vir die seuns van Helek, vir die seuns van Asri’el, vir die seuns van Sh’khem, vir die seuns van Hefer en vir die seuns van Sh’mida; hierdie is die manlike kinders van M’nasheh, die seun van Yosef, volgens hulle families.

3. Tz’lof ’gad, die seun van Hefer, die seun van Gil’ad, die seun van Makhir, die seun van M’nasheh, het egter nie seuns gehad nie, maar net dogters en hierdie is die name van sy dogters: Maglah, No’ah, Hoglah, Milkah en Tirtzah.

4. Hulle het nader gekom voor El’azar, die priester, voor Y’hoshua, die seun van Nun en voor die leiers en gesê: “יהוה het Moshe beveel om ons ’n erfenis te gee tussen ons broers.” Volgens die bevel van יהוה, het hy vir hulle ’n erfenis gegee onder die broers van hulle vader.

5. Daar het dus tien dele aan M’nasheh toegeval, behalwe die land Gil’ad en Bashan wat oorkant die Yarden lê

6. omdat die dogters van M’nasheh ’n erfenis ontvang het onder sy seuns en die land Gil’ad het aan die res van die seuns van M’nasheh behoort.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 17