Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 16:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die lot vir die seuns van Yosef het gegaan vanaf die Yarden by Yerigo, tot by die waters van Yerigo aan die ooste, in die wildernis in, opwaarts vanaf Yerigo deur die Bergland, na Beit-El.

2. Dit het van Beit-El af na Luz geloop en aangegaan na die grens van die Arkiete, na `Atarot.

3. Dit het weswaarts af geloop na die grondgebied van die Yafletiete, tot by die gebied van laer Beit-Horon, selfs tot by Gezer en geëindig by die see.

4. Die seuns van Yosef, M’nasheh en Efrayim, het hulle erfdeel ontvang.

5. Hierdie was die grondgebied van die seuns van Efrayim volgens hulle families: die grens van hulle erfenis ooswaarts was `Atrot-Addar, so ver as tot by die bo-deel van Beit-Horon.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 16