Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 15:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Kalev het die drie seuns van `Anak: Sheshai, Agiman en Talmai, die nageslag van `Anak, daar uitgedryf.

15. Toe het hy daarvandaan opgetrek teen die inwoners van D’vir; nou die naam van D’vir was vroeër Kiryat-Sefer;

16. en Kalev het gesê: “Hy wat Kiryat-Sefer aanval en dit inneem, aan hom sal ek my dogter `Akhsah as vrou gee.”

17. `Otni’el, die seun van K’naz, die broer van Kalev, het dit ingeneem; hy het sy dogter `Akhsah vir hom as vrou gegee.

18. Toe sy by hom aankom, het sy hom oortuig om van haar vader ’n stuk grond te vra. Sy het van die donkie afgeklim en Kalev vra vir haar: “Wat wil jy hê?”

19. Toe sê sy: “Gee vir my ’n seën, aangesien u vir my die Suidland (Negev) gegee het, gee ook vir my waterfonteine.” Hy het vir haar die boonste en die onderste fonteine gegee.

20. Dit is die erfenis van die stam van die seuns van Y’hudah volgens hulle families.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 15