Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 14:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Nou dan, gee my hierdie bergland waarvan יהוה op daardie dag gepraat het, want jy het dié dag gehoor dat dáár `Anakiete is met groot versterkte stede; miskien sal יהוה met my wees en ek sal hulle uitdryf, soos יהוה gesê het.”

13. Y’hoshua het hom geseën en Hevron as erfenis aan Kalev, die seun van Y’funneh, gegee.

14. Hevron het daarom die erfenis van Kalev, die seun van Y’funneh, die K’niziet, geword tot vandag toe omdat hy יהוה, die God van Yisra’el, ten volle gevolg het.

15. Die naam van Hevron was tevore Kiryat-Arba, want hy was die grootste man onder die `Anakiete. Toe het die land gerus van oorlog.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 14