Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 11:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur dat toe Yavin, die koning van Hatzor, daarvan hoor, hy na Yovav, die koning van Madon, die koning van Shimron en na die koning van Akshaf gestuur het

2. en na die konings in die Noorde, in die Bergland en op die vlakte suid van Kinn’rot en in die Laagland en op die hoogtes van Dor in die weste;

3. na die Kena’aniete in die ooste en in die weste en die Emoriete, Hittiete, P’riziete en Y’vusiete op die Bergland en die Hiviete aan die voet van Hermon, in die land van Mitzpah.

4. Hulle het uitgetrek, hulle en al hulle leërs saam met hulle, soveel mense soos die sand wat op die seestrand is, met baie perde en strydwaens.

5. Al hierdie konings, wat ooreengekom het om te ontmoet, het gekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om teen Yisra’el te veg.

6. Toe sê יהוה vir Y’hoshua: “Moenie bang wees as gevolg van hulle nie, want hierdie tyd môre sal Ek almal van hulle neergeslaan aan Yisra’el oorgee. Jy moet hulle perde se hakskeensenings afsny en hulle waens met vuur verbrand.”

7. Y’hoshua, saam met al die manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle aangeval.

8. יהוה het hulle in die hand van Yisra’el oorgegee sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Tzidon en Misrefot-Mayim en tot by die Vallei van Mitzpah aan die ooste en hulle het hul verslaan totdat daar geen oorlewende vir hulle oor was nie.

9. Y’hoshua het met hulle gedoen soos יהוה aan hom gesê het: hy het hulle perde se hakskeensenings afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

10. In daardie tyd het Y’hoshua omgedraai en Hatzor ingeneem en sy koning met die swaard doodgemaak, want Hatzor was vroeër die hoof van al hierdie koninkryke.

11. Hulle het almal wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle volkome vernietig; niks wat asemhaal het oorgebly nie. Hatzor het hy met vuur verbrand.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 11