Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 1:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Julle vroue, julle kinders en julle vee moet in die land wat Moshe julle oorkant die Yarden gegee het, bly, maar julle, al die onverskrokke soldate, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help

15. totdat יהוה aan julle broers, soos aan julle, rus gee en hulle ook die land in besit neem wat יהוה, julle God, aan hulle gee; dan moet julle teruggaan na die land van julle besitting en dit as erfenis ontvang, die land wat Moshe, die kneg van יהוה, julle gegee het oorkant die Yarden, waar die son opkom.”

16. Hulle het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Alles wat u ons beveel het, sal ons doen en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.

17. Net soos ons Moshe gehoorsaam het in alles, so sal ons u gehoorsaam; mag יהוה, u God, net met u wees soos Hy met Moshe was.

18. Enige een wat teen u bevel rebelleer en u woorde nie gehoorsaam in alles wat u hom beveel nie, sal doodgemaak word; wees net onveranderlik sterk en dapper.”

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 1