Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 8:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het יהוה vir my gesê: “Vat vir jou ’n groot tablet en skryf daarop met gewone letters: ‘Vinnig kom die buit, gou is die prooi. (Maher-Shalal-Hash-Baz.)’”

2. Ek het vir myself betroubare getuies geneem as getuies: Uriyah, die priester, en Z’kharyah, die seun van Y’verekyah.

3. Ek het na die profetes gekom en sy het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun. Toe het יהוה vir my gesê: “ Noem hom: ‘Maher-Shalal-Hash-Baz,’2 Kon 17-18:12; Yes 9:8

4. want voordat die seun sal weet hoe om uit te roep: ‘My vader!’ of: ‘My moeder,’ sal die rykdom van Dammesek en die buit van Shomron voor die koning van Ashur weggedra word.”

5. Weer het יהוה verder met my gepraat en gesê:

6. “In soverre hierdie volk die rustig vloeiende waters van Shiloah verwerp het en hulle verheug in Retzin en die seun van Remalyah;

7. daarom, let op, יהוה is op die punt om die sterk en oorvloedige waters van die Eufraat oor hulle te laat kom; die koning van Ashur en al sy lof en eer en dit sal bo-oor al sy kanale opstyg en oor al sy walle gaan.2 Kon 18:13-; Yes 10:11; Yeg 47

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 8