Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 8:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het יהוה vir my gesê: “Vat vir jou ’n groot tablet en skryf daarop met gewone letters: ‘Vinnig kom die buit, gou is die prooi. (Maher-Shalal-Hash-Baz.)’”

2. Ek het vir myself betroubare getuies geneem as getuies: Uriyah, die priester, en Z’kharyah, die seun van Y’verekyah.

3. Ek het na die profetes gekom en sy het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun. Toe het יהוה vir my gesê: “ Noem hom: ‘Maher-Shalal-Hash-Baz,’2 Kon 17-18:12; Yes 9:8

4. want voordat die seun sal weet hoe om uit te roep: ‘My vader!’ of: ‘My moeder,’ sal die rykdom van Dammesek en die buit van Shomron voor die koning van Ashur weggedra word.”

5. Weer het יהוה verder met my gepraat en gesê:

6. “In soverre hierdie volk die rustig vloeiende waters van Shiloah verwerp het en hulle verheug in Retzin en die seun van Remalyah;

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 8