Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 65:16-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. want hy wat in die aarde geseënd is, sal deur die God van waarheid geseënd wees en hy wat sweer op die aarde, sal sweer by die God van waarheid, want die vorige moeilikhede is vergeet en hulle is verborge vir My oë,2 Kef 3:13; Open 21:1

17. want let op, Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde en die vorige dinge sal nie onthou word of aan gedink word nie,

18. maar wees julle bly en swaai in die rondte van vreugde vir ewig oor wat Ek skep, want let op, Ek skep Yerushalayim om te jubel en sy mense vir blydskap.

19. Ek sal ook in die rondte swaai van vreugde oor Yerushalayim en bly wees oor My volk en daar sal nie meer die stem van geween of die stem van geskree in haar gehoor word nie.

20. Daar sal nie meer ’n suigeling in haar wees wat net ’n paar dae leef of ’n ou man wat nie sy dae uitleef nie, want die jeug sal sterf op ’n honderd jaar oud en wie nie een honderd jaar bereik nie, sal vervloek wees.

21. Hulle sal huise bou en daarin bly en ook wingerde plant en die vrug daarvan eet.Deut 28:22

22. Hulle sal nie bou en ’n ander daarin bly nie; hulle sal nie plant en ’n ander dit eet nie, want soos die dae van ’n boom, sal My volk wees en My gekoses sal die werk van hulle hande geniet.

23. Hulle sal nie tevergeefs werk of geboorte gee aan kinders vir ’n vervloeking nie, want hulle is die nageslag van die wat deur יהוה geseën is en hulle nakomelinge saam met hulle.

24. Dit sal ook gebeur dat voordat hulle roep, Ek sal antwoord en terwyl hulle nog praat, sal Ek hoor.

25. Die wolf en die lam sal saam wei en die leeu sal strooi eet soos ’n os en stof sal die slang se kos wees; hulle sal geen kwaad of skade doen op My hele afgesonderde berg nie,” sê יהוה.Mat 5:35 Waar is dan die huis wat julle vir My kan bou? Waar is ’n plek waar Ek kan rus?

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 65