Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 59:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy het onpartydige opregtheid aangetrek soos ’n borsplaat en die helm van verlossing op Sy kop gesit en Hy het klere van wraak aangetrek as klere en Homself toegedraai met ywer as ’n mantel.

18. Volgens hulle dade, so sal Hy vergeld: toorn aan Sy teëstanders, terugbetaling aan Sy vyande; aan die kuslande sal Hy terugbetaal.

19. So sal hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה vrees van die weste af en Sy lof, eer en aanbidding vanaf die opgaan van die son, want die onderdrukker sal kom soos ’n stormende stroom en die Gees van יהוה sal hom verneder.Yes 49:7; Rom 11:26

20. “’n Loskoper sal na Tziyon toe kom en na die wat in Ya’akov wegdraai van oortreding,” verklaar יהוה.

21. “Wat My betref, hierdie is My verbond met julle,” sê יהוה: “My Gees wat op jou is en My woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal nie uit jou mond uitwyk nie en ook nie uit die mond van jou nageslag en ook nie uit die mond van jou nageslag se nageslag nie,” sê יהוה, “van nou af en vir ewig.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 59