Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 55:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Let op, Ek het hom ’n getuie tot die volke gemaak, ’n leier en bevelvoerder vir die volke.

5. Let op, jy sal ’n nasie roep wat jy nie ken nie en ’n nasie wat jou nie ken nie, sal na jou toe hardloop, ter wille van יהוה, jou God, die Afgesonderde Een van Yisra’el omdat Hy jou lof en eer gegee het.

6. Soek יהוה terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.

7. Laat die wettelose sy pad verlaat en die onopregte en partydige sy gedagtes en laat hom terugdraai na יהוה en Hy sal vir hom omgee; na ons God, want Hy sal oorvloedig vryspreek,

8. want My gedagtes is nie julle gedagtes nie en julle manier is nie My manier nie,” verklaar יהוה,

9. want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My metodes hoër as julle metodes en My gedagtes as julle gedagtes,

10. want soos die reën en die sneeu van die hemel afkom en nie daarheen terugkeer sonder om die aarde nat te maak en dit te laat voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter, nie,

11. so sal My woord wees wat uit My mond uitgaan; dit sal nie leeg na My toe terugkom, sonder om te bereik wat Ek begeer en sonder om voorspoedig te wees in dit waarvoor Ek dit stuur, nie,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 55