Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 54:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Roep uit van vreugde, onvrugbare, jy wat nie geboorte gegee het nie!

2. “Maak die plek van jou tent groter; rek die afskortings van jou blyplek uit, wees nie spaarsamig nie; maak jou lyne lank en versterk jou penne,

3. want jy sal na regs en na links uitbrei en jou nageslag sal nasies besit en verwoeste stede herbevolk.

4. Moenie vrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie en moenie vernederd voel nie, want jy sal nie onteer word nie, maar jy sal die skande van jou jeug vergeet en die smaad van jou weduweeskap nie meer onthou nie,

5. want jou Maker is jou Man; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit) en die Afgesonderde Een van Yisra’el is jou Loskoper, wat die God van die hele aarde genoem word,

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 54