Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 52:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want so sê יהוה: “Julle is verkoop vir niks en julle sal vrygekoop word sonder geld,”

4. want so sê יהוה-God: “My volk het aanvanklik afgetrek na Mitzrayim om daar te bly; toe het Ashur hom sonder rede onderdruk.Yeg 36:20; Rom 2:24

5. “Wat het Ek dus nou hier?” verklaar יהוה; “aangesien My volk sonder rede weggevat is?” יהוה verklaar: “Die wat oor hulle heers raas en My Naam (Karakter en Outoriteit) word voortdurend, die hele dag lank, sleg gepraat;

6. daarom sal My volk My Naam (Karakter en Outoriteit) ken; daarom is Ek die Een wat praat in daardie dag: ‘Hier is Ek!’”Rom 10:15; Efe 6:15 en goeie nuus van geluk verkondig, wat verlossing aankondig en vir Tziyon sê: “Jou God heers!”

7. Hoe lieflik is die voete van hom wat die goeie nuus bring op die berge, wat vrede aankondig

8. Luister! Jou wagte lig hulle stem op, hulle skreeu vreugdevol saam, want hulle sal met hulle eie oë sien wanneer יהוה Tziyon herstel.

9. Breek uit, juig vreugdevol saam, puinhope van Yerushalayim, want יהוה het Sy volk getroos, Hy het Yerushalayim losgekoop.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 52