Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 51:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. “Gee aandag aan My, My volk en gee die oor vir My, My nasie, want ’n wet sal van My af uitgaan en Ek sal My regverdige oordeel stel as ’n lig vir die volke.

5. My onpartydige opregtheid is naby, My verlossing het uitgegaan en My arms sal die volke oordeel; die kuslande sal op My wag en op My arm sal hulle vertrou.

6. Lig julle oë op na die hemel en kyk dan na die aarde daaronder, want die hemel sal verdwyn soos rook en die aarde verslyt soos ’n kledingstuk en sy inwoners sal net so sterf, maar My verlossing sal vir ewig wees en My onpartydige opregtheid sal nie afneem nie.

7. Luister na My, julle wat onpartydige opregtheid ken, ’n volk in wie se verstand, wil en emosie My wet is! Moenie bang wees vir die beskuldigings van mense en skrik vir hulle skeltaal nie,

8. want die mot sal hulle opeet soos ’n kleed en die wurm sal hulle eet soos wol, maar My onpartydige opregtheid sal vir ewig wees en My verlossing vir alle geslagte.”Yes 27:1; Ps 74:14

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 51