Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 51:17-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Word wakker, word wakker, staan op, Yerushalayim, jy wat uit die hand van יהוה die beker van Sy woede gedrink het; jy het die kelk van wankeling uitgedrink tot op die afsaksel.

18. Daar is nie een tussen al die seuns waaraan sy geboorte gegee het om haar te lei nie; ook nie een tussen al die seuns wat sy grootgemaak het om haar aan die hand te vat nie.

19. Hierdie twee dinge het jou oorgekom; die verwoesting en vernietiging, hongersnood en swaard; wie sal oor jou treur? Hoe sal ek jou troos?

20. Jou kinders het flou geval, hulle lê by die ingang van elke straat, soos ’n bok in ’n net, vol van die toorn van יהוה, die bestraffing van jou God;

21. daarom, hoor asseblief hierdie, geteisterde, wat dronk is, maar nie van wyn nie!

22. So sê jou Meester, יהוה, jou God, wat vir Sy volk stry: “Let op, Ek het die beker van wankeling uit jou hand gevat, die kelk van My woede; jy sal dit nooit weer drink nie.

23. Ek sal dit in die hand van jou folteraars sit, wat vir jou gesê het: ‘Lê sodat ons oor jou kan loop.’ Jy het jou rug soos die grond gemaak en soos die straat vir die wat daaroor loop.”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 51