Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 49:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hy sê: “Dit is te gering dat U My Dienskneg sou wees om die stamme van Ya’akov op te tel en die wat bewaar is in Yisra’el te herstel. Ek sal U ook maak tot ’n Lig van die nasies sodat My verlossing tot aan die einde van die aarde kan reik.”

7. So sê יהוה, die Loskoper van Yisra’el, Sy Afgesonderde Een, aan die veragte Een, aan die Een wat verafsku is deur die volk, aan die Dienskneg van heersers: “Konings sal sien en opstaan, prinse sal ook neerbuig, as gevolg van יהוה wat getrou is, die Afgesonderde Een van Yisra’el wat U gekies het.”2 Kor 6:2 en Ek sal U beskerm en U gee as ’n Verbond vir die volk, om die land te herstel, om hulle die verlate erfenis te laat erf;Yes 42:6; Rom 11:27

8. So sê יהוה: “In ’n voordelige tyd het Ek U geantwoord en in ’n dag van verlossing het Ek U gehelp

9. om te sê aan die wat gebind is: “Gaan uit,” aan die wat in duisternis is: “Wys jouself!” Langs die paaie sal hulle wei en hulle weiveld sal op al die kaal heuwels wees.Open 7:16,17

10. Hulle sal nie honger of dors nie en ook sal die skroeiende son hulle nie neergooi nie, want Hy wat vir hulle omgee sal hulle lei en hulle begelei na die fonteine van water.

11. Ek sal al My berge verander in grootpaaie en My grootpaaie sal opgelig wees.

12. Let op, hierdie kom van ver en let op, hulle sal van die noorde en van die weste af kom en hierdie vanaf die kus van die land van die Siniete.

13. Roep uit van vreugde, o hemele en swaai in die rondte van vreugde, o aarde! Berge breek uit in vreugdevolle krete, want יהוה het Sy volk getroos en sal omgee vir Sy geteisterdes.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 49