Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 49:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy het vir My gesê: “Jy is My dienskneg, Yisra’el, in Wie Ek My eer, lof en aanbidding sal wys.”

4. Ék het nie vir die nageslag van Ya’akov gesê: “Ek het tevergeefs hard gewerk, my krag vir niks en vrugteloos spandeer! Sekerlik is My oordeel voor יהוה en My werk voor My God,” nie.

5. Nou sê יהוה, wat My van die baarmoeder af gevorm het om Sy Dienskneg te wees, om Ya’akov na Hom toe terug te bring sodat Yisra’el by Hom versamel mag word; want Ek word geëer in die oë van יהוה en My God is My sterkte.Hand 13:6,7

6. Hy sê: “Dit is te gering dat U My Dienskneg sou wees om die stamme van Ya’akov op te tel en die wat bewaar is in Yisra’el te herstel. Ek sal U ook maak tot ’n Lig van die nasies sodat My verlossing tot aan die einde van die aarde kan reik.”

7. So sê יהוה, die Loskoper van Yisra’el, Sy Afgesonderde Een, aan die veragte Een, aan die Een wat verafsku is deur die volk, aan die Dienskneg van heersers: “Konings sal sien en opstaan, prinse sal ook neerbuig, as gevolg van יהוה wat getrou is, die Afgesonderde Een van Yisra’el wat U gekies het.”2 Kor 6:2 en Ek sal U beskerm en U gee as ’n Verbond vir die volk, om die land te herstel, om hulle die verlate erfenis te laat erf;Yes 42:6; Rom 11:27

8. So sê יהוה: “In ’n voordelige tyd het Ek U geantwoord en in ’n dag van verlossing het Ek U gehelp

9. om te sê aan die wat gebind is: “Gaan uit,” aan die wat in duisternis is: “Wys jouself!” Langs die paaie sal hulle wei en hulle weiveld sal op al die kaal heuwels wees.Open 7:16,17

10. Hulle sal nie honger of dors nie en ook sal die skroeiende son hulle nie neergooi nie, want Hy wat vir hulle omgee sal hulle lei en hulle begelei na die fonteine van water.

11. Ek sal al My berge verander in grootpaaie en My grootpaaie sal opgelig wees.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 49