Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 49:10-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle sal nie honger of dors nie en ook sal die skroeiende son hulle nie neergooi nie, want Hy wat vir hulle omgee sal hulle lei en hulle begelei na die fonteine van water.

11. Ek sal al My berge verander in grootpaaie en My grootpaaie sal opgelig wees.

12. Let op, hierdie kom van ver en let op, hulle sal van die noorde en van die weste af kom en hierdie vanaf die kus van die land van die Siniete.

13. Roep uit van vreugde, o hemele en swaai in die rondte van vreugde, o aarde! Berge breek uit in vreugdevolle krete, want יהוה het Sy volk getroos en sal omgee vir Sy geteisterdes.

14. Tziyon het egter gesê: “יהוה het my in die steek gelaat en יהוה het my vergeet!”Deut 4:31; 1 Kro 28:20; Y'hu 1:5; Heb 13:5

15. “Kan ’n vrou haar suigeling vergeet en nie omgee vir die seun van haar baarmoeder nie? Selfs hulle kan vergeet, maar Ék sal jou nie vergeet nie!

16. Let op, Ek het jou op My handpalms graveer; jou mure is gedurig voor My.

17. Jou bouers maak gou; jou vernietigers en verwoesters sal van jou af weggaan.

18. Lig jou oë op en kyk rondom; hulle almal vergader bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef,” verklaar יהוה, “jy sal hulle sekerlik almal aansit soos juwele en hulle ombind soos ’n bruid,

19. want jou puinhope en verlate plekke en jou verwoeste land sal sekerlik nou te klein wees vir die inwoners en die wat jou verslind het, is ver weg!

20. Die kinders waarvan jy beroof is, sal nog in jou ore sê: ‘Die plek is te klein vir my; maak vir my plek sodat ek hier kan bly!’

21. Dan sal jy in jou binneste sê: ‘Wie het aan hierdie kinders geboorte gegee vir my, aangesien ek van my kinders ontneem is en ek onvrugbaar is, ’n banneling wat ronddwaal? Wie het hulle grootgemaak? Let op, ek is alleen agtergelaat; waar het hulle vandaan gekom?’”

22. So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal My hand oplig na die nasies en My banier oprig na die volke en hulle sal julle seuns in die arms bring en jou dogters sal op die skouer gedra word.

23. Konings sal jou oppassers wees, hulle prinse jou versorgers. Hulle sal voor jou neerbuig met die gesig na die aarde toe en die stof van jou voete aflek en jy sal weet dat Ek יהוה is. Hulle wat vol versekerde verwagting op My wag sal nie beskaam word nie.

24. Kan die buit afgeneem word van die magtige man? Of die gevangenes van ’n wreedaard gered word?”

25. Waarlik, so sê יהוה: “Selfs die prooi van die magtige man sal weggevat en die gevangenes van die wreedaard bevry word, want Ek sal die een teëstaan wat jou teëstaan en Ek sal jou kinders red.Open 16:6 Alle vlees sal weet dat Ek, יהוה, jou Verlosser is en jou Loskoper, die Magtige Een van Ya’akov.”

26. Ek sal jou onderdrukkers hulle eie vlees voer en hulle sal dronk word van hulle eie bloed soos van soetwyn.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 49