Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 45:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה aan Koresh, Sy gesalfde, vir wie Hy aan die regterhand gevat het om nasies voor hom te onderwerp, om die lendene van konings los te maak; om deure voor hom oop te maak sodat hekke nie gesluit sal word nie:

2. “Ek self sal voor jou uit gaan en rowwe plekke gelykmaak; Ek sal koper deure verbreek en deur hulle ysterstawe sny.

3. Ek sal vir jou die skatte van duisternis gee en die verborge skatte van geheime plekke sodat jy kan weet dat dit Ek, יהוה, die God van Yisra’el is wat jou by jou naam roep.

4. Ter wille van Ya’akov, My dienskneg en Yisra’el, My gekose, het Ek jou ook by jou naam geroep; Ek het jou ’n titel van eer gegee, alhoewel jy My nie geken het nie.

5. Ek is יהוה en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek sal jou omgord, alhoewel jy My nie geken het nieDeut 6:4

6. sodat mense kan weet van die opkoms van die son tot sy ondergang dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is יהוה en daar is geen ander nie;Dan 6:28; Dan 10:1; `Ez 1; 2 Kro 36:22-23

7. die Een wat lig vorm en die duisternis skep, wat vrede veroorsaak en onheil skep; Ek is יהוה wat al hierdie dinge doen.

8. Laat dit drup, o hemele, van bo af en laat die wolke onpartydige opregtheid afgooi; laat die aarde oopmaak, verlossingsvrugte dra en onpartydige opregtheid saam met dit uitspruit. Ek, יהוה, het dit geskep.Yes 29:16; Rom 9:20

9. Wee hom wat met sy Maker twis; ’n kleipot tussen die houers van klei! Sal die klei vir die pottebakker sê: ‘Wat maak jy?’ Of die ding wat jy maak, sê: ‘Hy het geen hande nie!’

10. Wee hom wat vir ’n vader sê: ‘Wat verwek u?’ Of vir ’n vrou: ‘Waaraan gee u geboorte?’”

11. So sê יהוה, die Afgesonderde Een van Yisra’el en sy Maker: “Vra My aangaande die dinge wat kom rakende My seuns en jy moet die werk van My hande aan My toevertrou!

12. Dit is Ek wat die aarde gemaak en die mens daarop geskep het. Ek het die hemel met My hande uitgespan en Ek het sy ganse leërskare aangestel.

13. Ek het hom opgewek in onpartydige opregtheid en al sy paaie sal Ek gelykmaak; hy sal My stad bou en My ballinge laat vrygaan sonder enige betaling of beloning,” sê יהוה-Tzva’ot.Deut 6:4

14. So sê יהוה: “Die produkte van Mitzrayim en die handelsware van Kush en die S’vaïete, manne van gestalte, sal na jou toe oorkom en joune wees; hulle sal agter jou loop; hulle sal in kettings oorkom en voor jou buig; hulle sal jou versoek: ‘Waarlik, God is by jou en daar is geen ander, geen ander God nie!

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 45