Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 44:24-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. So sê יהוה, jou Loskoper en die Een wat jou gevorm het van die baarmoeder af: “Ek, יהוה, is die Maker van alle dinge, wat Self die hemel uitspan en die aarde heeltemal alleen uitsprei,

25. wat die tekens van die leuenprofete laat faal en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse laat terugtrek en hulle kennis in dwaasheid verander;

26. wat die woord van Sy dienskneg bevestig en die doel van Sy boodskappers uitvoer; wat van Yerushalayim sê: ‘Dit sal bewoon word’ en van die stede van Y’hudah: ‘Hulle sal herbou word’ en ‘Ek sal sy puinhope oprig;’

27. wat vir die diepte van die see sê: ‘Wees opgedroog’ en ‘Ek sal jou riviere droog maak;’

28. wat van Koresh sê: ‘Hy is My herder en hy sal al My begeertes uitvoer;’ van Yerushalayim sê: ‘Dit sal gebou word;’ van die tempel: ‘Jou fondasies sal gelê word.’”

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 44