Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 44:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. maar luister nou, Ya’akov, My dienskneg en Yisra’el wat Ek gekies het!”

2. So sê יהוה, wat jou gemaak en jou gevorm het van die baarmoeder af, wat jou sal help: “Moenie vrees nie, Ya’akov, My dienskneg en Yeshurun wat Ek gekies het,Yog 7:37,38

3. want Ek sal water op ’n uitgedroogde land uitgooi en strome op die droë grond; Ek sal My Gees op jou nageslag uitgiet en My seën op jou nakomelinge

4. en hulle sal opspring tussen die gras soos populiere by waterstrome.’

5. Die een sal sê: ‘Ek behoort aan יהוה’ en die ander sal die naam van Ya’akov aanroep en die ander sal met sy hand skryf: ‘Ek behoort aan יהוה’ en sal die naam van Yisra’el eer.”Open 1:17; Open 2:8; Open 22:13

6. So sê יהוה, die Koning van Yisra’el en sy Loskoper, יהוה-Tzva’ot: ‘Ek is die Eerste en Ek is die Laaste en buiten My is daar geen God nie.

7. Wie is soos Ek? Laat hom dit verklaar en verkondig; laat hom dit aan My weergee in volgorde, vanaf die tyd dat Ek die antieke nasie gevestig het? Laat hulle die dinge wat kom en wat sal gebeur, bekend maak.

8. Moenie bewe en moenie bang wees nie; het Ek dit nie lank tevore vir jou aangekondig en dit verklaar nie? Júlle is My getuies! Is daar enige God buiten My, of is daar enige ander Rots? Ek weet van geeneen nie.

9. Hulle wat gesnede beelde vorm, is almal nutteloos en hulle kosbare dinge is tot geen voordeel nie; selfs hulle eie getuies faal om te sien of weet sodat hulle beskaamd word.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 44