Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 43:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want Ek is יהוה, jou God, die Afgesonderde Een van Yisra’el, jou Verlosser; Ek het Mitzrayim gegee as losprys vir jou, Kush en S’va in jou plek.Iyov 36:20

4. Omdat jy waardevol is in My oë, geëerd is en Ek jou liefhet, sal Ek ander mense in jou plek gee en volke inruil vir jou lewe.

5. Moenie vrees nie, want Ek is by jou; Ek sal jou nageslag van die ooste af bring en jou bymekaarmaak van die weste af.2 Kor 6:18

6. Ek sal vir die noorde sê: ‘Gee!’ en vir die suide: ‘Moet hulle nie terughou nie!’ Bring My seuns van ver en My dogters vanaf die einde van die aarde,

7. elkeen wat na My Naam (Karakter en Outoriteit) genoem is en wat Ek geskep het vir My lof, eer en aanbidding; wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.”

8. Bring die volk wat blind is uit alhoewel hulle oë het en die dowes alhoewel hulle ore het.

9. Al die nasies het saam vergader sodat die volke vergader kan wees. Wie tussen hulle kan hierdie verkondig en aan ons die vorige dinge bekendmaak? Laat hulle hul getuies bring sodat hulle onskuldig verklaar kan word; of laat hulle hoor en sê: ‘Dit is die waarheid!’

10. Júlle is My getuies,” verklaar יהוה, “My diensknegte wat Ek gekies het sodat julle kan weet en My kan vertrou en kan verstaan dat dit Ek is. Voor My is geen god gevorm nie en daar sal geen ná My wees nie.

11. Ek, Ek is יהוה en daar is geen Verlosser buiten My nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 43