Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 42:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek is יהוה, dit is My Naam (Karakter en Outoriteit); Ek sal nie My eer aan ’n ander gee, of My lofprysing aan gesnede beelde nie.

9. Let op, die vorige dinge het gebeur, nou verklaar Ek nuwe dinge; voordat hulle uitspruit, verkondig Ek hulle aan Jou.”

10. Sing tot יהוה ’n nuwe lied en besing Sy lof vanaf die eindes van die aarde af; julle wat afgaan na die see en alles wat daarin is; julle eilande en die wat daarop woon!

11. Laat die wildernis en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar bly! Laat die inwoners van Selah hardop sing, laat hulle uitroep van vreugde vanaf die top van die berge!

12. Laat hulle aan יהוה lof, eer en aanbidding gee en Sy lofprysing in die kuslande verkondig!

13. יהוה sal uittrek soos ’n magtige man; Hy sal ywer opwek soos ’n krygsman. Hy sal ’n kreet uiter, ja, ’n strydkreet. Hy sal teen Sy vyande standhou.

14. “Ek het vir ’n lang tyd stilgebly, Ek het stilgebly en Myself bedwing. Ek sal kreun soos ’n vrou wat geboorte gee, Ek sal beide snak en hyg.

15. Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante verdroog; Ek sal riviere tot kuslande maak en poele laat opdroog.

16. Ek sal die blindes lei op ’n roete wat hulle nie ken nie, op paaie wat hulle nie ken nie, hulle lei; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle en die rowwe plekke tot vlaktes. Dit is die dinge wat Ek sal doen en Ek sal dit nie ongedaan laat nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 42