Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 35:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die geskroeide wildernis sal bly wees en die woestyn sal bly wees en bot soos die veldsaffraan;

2. dit sal lustig bot en verheug wees met gejuig en uitroepe van vreugde. Die lof en eer van die L’vanon sal daaraan gegee word, die majesteit van Karmel en Sharon. Hulle sal die lof, eer en aanbidding van יהוה sien, die majesteit van ons God.Heb 12:12

3. Bemoedig die uitgeputte en versterk die swakke.

4. Sê aan die wat vreesagtig van verstand, wil en emosie is: “Hou moed, moenie vrees nie! Let op, julle God, die Vergelder, kom; God, die Verlosser, kom om julle te verlos.

5. Dan sal die oë van die blindes oopgemaak en die ore van die dowes ontsluit word.Mat 11:5

6. Dan sal die verlamde spring soos ’n bok en die tong van die stomme sal skree van vreugde, want waters sal uitbreek in die wildernis en strome in die woestyn.

7. Die verskroeide land sal ’n waterpoel word en die dorsland, fonteine van water; in die gate van jakkalse, hulle rusplek, is gras, riete en biesies.

8. Dáár sal ’n hoofweg wees, ’n pad, wat ‘die hoofweg van Afgesonderdheid’ genoem sal word. Die onreine sal nie daarop reis nie, maar dit sal vir húlle wees wat op daardie pad loop en die dwase sal nie daarop rondloop nie.

9. Dáár sal geen leeu wees nie en geen gevaarlike dier sal daarop kom nie. Hierdie sal nie daar gekry word nie, maar die vrygekooptes sal daarop loop

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 35