Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 34:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die swaard van יהוה is vol bloed, dit is deurdrenk van vet, met die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme, want יהוה het ’n offer in Botzrah en ’n groot slagting in die land van Edom geoffer.

7. Wilde bulle (Aurogs) sal saam met hulle val en die jong bulle saam met die sterkes; so sal hulle land deurdrenk word met bloed en hulle stof olierig word met vet,

8. want יהוה het ’n dag van wraak, ’n jaar van vergelding vir die regsaak van Tziyon.

9. Sy strome sal in pik verander word, sy los grond in swawelvuur en sy land sal brandende pik word.

10. Dit sal nie snags of oordag uitgeblus word nie; die rook sal vir ewig opgaan. Van geslag tot geslag lê dit verlate; vir ewig en ewig sal niemand daar deurgaan nie,

11. maar pelikane en uile sal dit besit en kraaie en volstruise sal daarin bly en Hy sal die maatband van die swaard daaroor uitstrek en daar sal geen vreugde wees nie.

12. Sy edeles, daar sal niemand wees wat hulle as koning kan verklaar nie en al sy prinse sal niks wees nie.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 34