Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 33:21-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. maar daar sal יהוה, die Majestueuse, vir ons ’n Plek van riviere en breë kanale wees, waarop geen roeiskepe sal vaar nie en waarop geen kragtige skip verby sal gaan nie,

22. want יהוה is ons Regter, יהוה is ons Wetgewer, יהוה is ons Koning; Hy sal ons red.

23. Jou toue hang slap; dit kan nie die voetstuk van hulle mas styf vashou, of die seil uitsprei nie. Dan sal die roof van ’n oorvloedige buit verdeel word; die lammes sal die buit vat

24. en geen inwoner sal sê: “Ek is siek nie;” die mense wat daarin woon, se oortredinge sal vergewe wees.

Lees volledige hoofstuk Yesha'yahu 33